Molletjie, molletjie…botter en brood, as jy uitkom…
Werk hierdie mol dalk vir die veiligheidspolisie?
Molletjie, molletjie, botter en brood, as jy uitkom, dan maak ek jou dood…
Langs Harry Gwalastraat is ’n “kunstige” mol.
Hy stoot nie net een hopie uit nie, hy maak ’n netjiese sekelmaan, hopie vir hopie.

Ongelukkig is sy kunswerk gestop toe hy by die teerpad kom.
Of miskien is hy op pad na ’n slaggat?
Daar is altesaam 15 hopies grond.
Iemand sê om so baie hopies uit te stoot, moet hy mollig wees.
Of dalk vir die veiligheidspolsie werk, ondergronds.
Volgens Wikipedia word die benaming mol in die spreektaal vir drie verskillende soogdierfamilies gebruik: die egte molle (familie Talpidae) en die kruipmolle (familie Chrysochloridae) is insekte-eters wat tot die orde Insectivora behoort, terwyl die molrotte (familie Bathyergidae) knaagdiere (orde Rodentia) is.
Al hierdie diere lewe in ondergrondse tonnels en is of blind, of hul gesigsvermoë is swak ontwikkel, terwyl hulle goed aangepas is om ondergrondse gangstelsels te grawe.
