Dorp gaan miernes wees met van fietsry tot rugby en netbal
Dorp gaan miernes wees met van fietsry tot rugby en netbal

Middelburg gaan die naweek ’n miernes van bedrywighede wees, met die land se beste jong netbalspelers, fietsryers, hokkiespelers en Noordvaal rugby, wat hier aangebied word.
Hoërskool Middelburg, met sy eersteklas fasiliteite, pluk die vrugte van ’n uiters suksesvolle Cravenweek wat verlede jaar by die skool aangebied is.

Nie net speel Middies Saterdag tuis teen Monument in die Noordvaal Virsekerbeker nie, maar is ook gasheer vir die Noordvaal hokkie uitspele.

Die land se beste o.12 en o.13 netbalspelers is reeds vanaf more (23 Julie) by Hoërskool Middelburg in aksie in die SASN laerskole netbal toernooi, waar die kampioen van kampioene gekroon sal word. Ongelukkig het nie een van die plaaslike spanne tot die eindstryd deurgedring nie.
Toegang is R20 per persoon en R50 vir parkering.
Die Mpumalanga hokkie finale word ook Saterdag by die skool aangebied, met die o.14 Middies span wat reeds om 8:00 by die astrobaan afslaan.
Die eerste seunspan speel om 14:45 teen Curro Bakenveld.
En as jy nou reeds uitasem is wag…
Dit is ’n groot dag vir die rugbyspanne wat tuis teen Hoërskool Monument speel.

Asof dit nie genoeg sport in een naweek is nie, begin die Alzu gruis- en bergfietswedren Saterdag om 8:00 by die Alzu Petroport. Daar word in 100 myl en 50 myl meegeding.
Deelnemers wat voor Sondagaand moes inskryf, Vrydag by B2 fietsrywinkel gaan registreer.

HTS Middelburg speel tuis in die Noordvaal Virsekerbeker teen Oos-Moot van Pretoria.