Staan opsy Paul Adams, Flippie het sy eie goëlbal. Paul Gogga Adams het die land aan die praat gehad, toe hulle gesien het hoe boul hy. Sy snaakse hotnotsgot-aksie het hom gou die naam Gogga gegee.
Toe Philip du Plessis in die krieket-aandreeks aantree, het die kolwers ook gewonder hoe gaan die mannnetjie boul, wat byna net so lank soos sy kolf is.
Philip, vir sy spanmaats Flippie, het ’n aksie wat jy nie elke dag op ’n krieketveld sien nie.
Hoe dan anders? Hy is nie ’n lang en lenige snelbouler nie, hy is Flippie.
Om die bal van doer onder af tot by die paaltjies van sy teenstander te kry, kos tegniek. Toe Fliippie sy eerste paaltjie laat spat, was daar sommer groot vreugde onder die o.12 A spanmaats van Laerskool Middelburg.
Die spannetjie het Woensdag maklik met Laerskool Kanonkop afgereken en Flippie het kans gekry om te boul én hy het gekolf. En hy is op verdienste by die span ingesluit.





Die seun, met lewensvreugde wat op sy gesig uitstraal, het natuurlik hierdie jaar eers as gelukbringer vir Laerskool Middelburg se eerste rugbyspan bekend geword en daarna sommer kans gekry om nie net te speel nie, maar ook pale toe te skop.

Miskien is daar nie ’n Gogga Adams op pad nie, maar ’n Flipbal Flippie. Al wat Flippie nog so effe kortwiek is spoed tussen die paaltjies. Met ’n groot paar beenskutte en kolf onder die arm, dra sy kort beentjies hom net-net nie vinnig genoeg tussen die paaltjies nie. Dit stuit hom nie, want wanneer hy wegtrek, lyk dit asof hy ’n Duracell battery ingesluk het…
