News

Herleef die stories, lag weer saam…

Middies matrieks van 1976 weer byeen.

Min matriekgroepe het die voorreg om na 50 jaar weer bymekaar te kom.Sommige het net nooit daardie noue band gehad nie, al het hulle so voorgegee, ander se bos is uitgekap en dan is daar is daar diegene wat die klasdeur agter hulle toegetrek en besluit het hierdie hoofstuk is verby. Hulle wil niks te doen hê met hulle oud maats of skool nie.

Hoe ongelooflik dit ook mag klink is daar selfs hoofseuns en hoofmeisies wat hulle van reüniegroepe af verwyder. Die bleeksiel van 50 jaar gelede is skielik die voorvatter. Die “leier” van 50 jaar gelede se lewe het ander draaie gemaak. Nogal interessant wat 50 jaar aan mense kan doen.

’n Groep wat weer graag hulle oud maats wil sien, is Hoërskool Middelburg se groep van 1976. Die tyd het aangestap maar hoofseun Gawie van Rensburg, wat deesdae groot boer in die rigting van Wonderfontein en Belfast, sê hulle kom op 4 en 5 September 2026 bymekaar.

“Herleef die stories, lag weer saam en skep nuwe herinneringe.” Daar word nog na ’n paar matrikulante van daardie jaar gesoek. Gawie kan by 082 806 4825 of Ena Uys (Calitz) by 082 415 8029 geskakel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button