Oud-polisieman vlugtig in hof op string seksverwante bewerings
Hy is sedert sy aankoms in Middelburg in Desember in aanhouding.
Die oud-polisieman wat al maande agter tralies sit en wag vir sy verhoor om af te skop sal bietjie langer moet wag, nadat die hofverrigtinge teen hom gister (Woensdag) uitgestel is na Desember.
Die man mag nie geïdentifiseer word voor hy op die 54 klagtes teen hom, insluitende vir verkragting, gepleit het nie.
Die saak sal op 14 en 15 Desember weer in die hof draai vir pleitverrigtinge.
Daarna is die saak ook weer op die rol van 18 tot 22 Januarie vir getuies en verhoor.
Die sake teen hom spruit uit jarelange bewerings en gevolglike ondersoeke, woorvoor hy op ‘n stadium deur die polisie ontslaan is, meer weer heraangestel is.
Hy is einde verlede jaar uit die Kaap uit na Middelburg vervoer op lasbriewe vir die klagtes in Middelburg, waar talle van die beweerde misdade plaasgevind het.
Hy is sedert sy aankoms hier in aanhouding terwyl die klagtes teen hom sedert sy eerste verskynings vermeerder het.
Daar is altesaam 18 klaers.
