Middelburg Rugbyklub se Rudi Geyser, wat die Puma Cravenweek groep se spanbestuurder was, is ook nou gekies as spanbestuurder van Nkangala klubrugby.
Mhluzi Falcons se Botana Thabiso Mamaile is die span se verdedigingsafrigter.
Die afrigtingspan bestaan hoofsaaklik uit lede van Witbank Rugbyklub met Gerhard van der Heever die hoofafrigter, Johan Oberholzer die agterlynafrigter, Tiaan Heymans is die voorspeler afrigter en Waldo Nelson sal die skrums afrig.
Die Nkangala streekspan wat gekies is bestaan uit:
Waldo Nelson (Witbank Rugbyklub), Nkosana Ngubane (eMalahleni Eagles), Vuyo Maqubel (Kriel), David Mabena (Witbank), Pieter Clarence (Witbank), Jaydon du Preez (Falcons), Sizwe Mondlane (Witbank), Sean Duranty (Witbank), Mzuzo Sibanyoni (Falcons), Frederik Greyling (Middelburg), Konnigher Kock (Witbank), Divan Geyser (Middelburg), Mynhard Smith (Witbank), Vincent Roos (Witbank), Odwa Nkunjana (Kriel), Jacques Pretorius (Middelburg), Christo Nelson (Witbank), Anthoni Smuts (Middelburg), Janco de Lange (Middelburg), Mike Kriel (Witbank), Nick Nkosi (Kriel), Rudo Marx (Witbank), Lefa Leshaba (Witbank), Jeandre Botha (Witbank).Die Nkangala span speel op 15 Augustus teen Gert Sibande in Secunda en 22 Augustus teen Ethalazeni in eMalahleni.