Die hoof van Laerskool Middelburg, mnr. Gerrie van der Merwe, saam met die o.12 speler van die wedstryd Woensdag, Nico Hallatt. FOTO: Tobie van den Bergh.
Daar is vlamme wat blaas, wanneer ’n bal teen die grens klap vir ’n vier of oor die grenstou vlieg vir ’n ses.
Die plaaslike hoërskole het reuse tente opgeslaan, waar daar gekuier word en krieket uit die boonste rakke word gesien.
Dit was weer Laerskool Middelburg se beurt vir pajamakrieket – hulle gewilde Aandreeks.
Die skool het gewys jy moet groot gaan of jy moet huis toe gaan.
In pure slaat-en-soek krieket tradisie is die reeks met groot fanfare aangebied.
Vanaand is die hoogtepunt wanneer die eindstryd tussen Laerskool Staatspresident CR Swart en Klipfontein se o.12 spanne om 15:00 plaasvind.
Die witwarm o.13 span van die Koedoekoppe pak Taalfees van eMalahleni in die eindstryd, met die prysuitdeling wat daarna volg.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.