Die finaal van twee items by die wêreld o.20 atletiek kampioenskappe.
Nie te versmaai vir ’n jong atleet nie.
Dit is presies wat Kryn Romijn reggekry het, toe hy sewende geëindig het in die 400m finaal en daarna saam met Leendert Koekemoer, Ryno Riekert en Abelines Schoeman, ’n silwer medalje verower het in die 4x400m finaal wat Sondagnag Suid-Afrikaanse tyd beslis is. Amerika het in 3:01.38 gewen en Suid-Afrika se tyd was 3:02.76.
Die kampioenskappe word in Amerika beslis.
Die Suid-Afrikaanse viertal het die tweede vinnigste uitdun tyd gehardloop met net die sterk Amerikaanse span wat beter was.
In die 400m het die Amerikaners Jayden Deleon gewen in 44.47 en Quincy Wilson was tweede in 44.62. Suid-Afrika se Leendert Koekemoer het ’n brons medalje ingepalm met ’n tyd van 44.96.
Kryn se tyd was 46.16.
Kryn is die seun van Willem en Marie-Louise (Henning) van Ermelo.
Willem was op sy dag een van Hoërskool Middelburg se atletiekhelde wat in die 400m hekkies uitgeblink het.
