News

Nefie en niggie op podium

Jong fietsryer wen Vrouedag-wedren by Rooiwal.

’n Graad 11 leerling van Hoërskool Middelburg, Herman Grobler (17), het Saterdag die Vrouedag-fietswedren by Rooiwal gewen.

Grobler en Jono Lyndon was in ’n hewige tweestryd betrokke en het mekaar tot by die wenstreep opgedreun.

Hulle het vroeg weggebreek en is in ’n naelrit oor die wenstreep, albei in ’n tyd van 1:19:17. Alhoewel Lyndon eerste geplaas is op die amptelike uitslae vir die 50km het die podiumplek aan die Middelburger gegaan.

Herman Grobler het die Rooiwal Vrouedag padfietswedren by Rooiwal naby Pretoria gewen. Gerhard Eloff was in die derde plek. FOTO: Verskaf.

Hy het na die tyd gesê dit is ’n harde wedren met een lang klim wat jou toets.

Eintlik was dit nie ’n Vrouedag-wedren nie, maar Groblerdag, want Herman se ma, Maritza, het ook die 50km voltooi, terwyl sy niggie, Zane Engelbrecht, tweede was in die vroue afdeling, wat deur Karien Goosen van Tukkies gewen is.

Lu-Mari du Plessis van Secunda was eerste in die 95km vir vroue 17-18.

Karien Goosen van Tukkies het die 50km vroue afdeling gewen met Zane Engelbrecht tweede en Jeanne-Mari Barnard derde. FOTO: Verskaf.

Daar was 140 inskrywings vir die 50km.

Stian Landsberg het die 95km gewen in ’n tyd van 2;12;42, met Henro van der Walt tweede in 2:12;43, gevolg deur Ruan England, Herman Fouche, Kyle Mitchell, Henke Lombard, Travis Rademan-Ludeke, Quintin Knoetze, Henk Venter, Marius Coutard en Ethan Stewart.

’n Groot veld van 231 fietsryers het deelgeneem aan die langer afstand.
Die wedren is puik aangebied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button