News

Nelspruit speel dalk volgende jaar in die bekerafdeling

Hoërskool Middelburg behou sy plek tussen top spanne.

Daar is goeie nuus vir Mpumalanga se skolerugby.
Hoërskool Nelspruit het bo aan die punteleer in die plaatafdeling geëindig in die Noordvaal Virsekerbeker se poelfase en met drie spanne in die uitspele is hulle bykans verseker van die plaatkampioene.
Hulle speel dan in 2027 in die gesogte bekerafdeling.

Dit is elke skool se droom om in die uitsoek afdeling te wees, saam met skole soos Garsfontein, Monument, Noordheuwel, Waterkloof en Menlopark. Na net sy eerste jaar in beheer by die Nelspruiters het die oud Puma agterlynafrigter, MJ Mentz, wondere met die Wit Renosters verrig.
Nelspruit en Zwartkop is in ’n hewige stryd betrokke om die nommer een posisie.

Met Hoërskool Middelburg wat daaraan geslaag het om ook sy plek in die bekerafdeling te behou, sal dit uitstekende nuus vir Mpumalanga rugby wees indien Nelspruit as kampioene gekroon word en opskuif.
Dit lyk asof Dr EG Jansen gaan afskuif.

Die provinsie sukkel by die Cravenweek omdat hy met spelers moet meeding wat nie die hoë tempo rugby ken van spanne soos Affies, Monnas, Garsfontein en die Kaapse spog skole nie.
Met Nelspruit en Middelburg wat tussen die groot honde kan blaf, kan dit die provinsie se skolerugby in ’n veel beter posisie plaas.

Indien HTS Middelburg sy rugby regruk, is die toekoms blink.
Ongelukkig het die Rooi Bulle hierdie jaar een van hulle swakste seisoene beleef.
Ongelukkig kweek ’n wenkultuur sukses en sal daar ’n grootse poging moet wees om die eens trotse skool weer te kry waar hy hoort.

In Jano Venter het HTS Middelburg ’n uitstekende afrigter en mentor maar die skool se ouderdomspanne het self gesukkel en sonder mannekrag kan hy niks doen nie.
Die uitslae Saterdag teen Nelspruit is ’n refleksie op 2026 se treurmare.

Montana, Transvalia, Zwartkop, Wesvalia, Kemptonpark, Oos-Moot en HTS Middelburg sal waarskynlik weer in die plaatafdeling speel.
Klerksdorp skuif af na die Skildafdeling.

Die halfeindstryd bepalings vir Saterdag 18 Augustus by Hoërskool Garsfontein is spanne een teen vier:

9:00 o.14A Helpmekaar vs Hoërskool Middelburg.
10:15 o.15A Helpmekaar vs Garsfontein.
11:30 o.16A Garsfontein vs Rustenburg.

Dinsdag 18 Augustus:

16:00 Eerstes Garsfontein vs Waterkloof.

Spanne twee vs drie by Monument 18 Augustus:

9:00 o.14A Rustenburg vs Menlopark.
10:15 o.15A Noordheuwel vs Monument.
11:30 o.16A Helpmekaar vs Monument.

Dinsdag 18 Augustus.

16:00 Eerstes Monument vs Noordheuwel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button