Jy kan die een oomblik bo wees en dan weer onder. Die Curriebekerreeks is besig om wipplank te ry, met Boland wat die pas aangegee het en nou veg om die uitspeelwedstryde te haal.
Die span wat bokant hulle ingeskuif het in die vierde plek is die Pumas wat Saterdag met die sukkelende Blou Bulle afgereken het. Die stiefkinders van Blou Bulle rugby is heel laaste op die punteleer, sonder ’n oorwinning.
Griekwas is die pasaangeërs met 16, gevolg deur die Cheetahs wat Sondagmiddag met die Stormers 23-tal afgereken het op 16, die Leeus 12, Pumas 12, Boland 11, Stormers 11, Haaie 10 en Bulle drie.
Die Leeus het Vrydagaand teen die Boland in Johannesburg om 15:00, en die Griekwas is tuis teen die Haaie.
Saterdag was dit Pumas tuis teen die Stormers XXIII en die Blou Bulle tuis teen die Cheetahs.
’n Kragmeting waarna uitgesien kon word was die tussen die Pumas en Griekwas Vrydag.
Die naweek se uitslae is:
Griekwas 31 – Leeus 19, Pumas 33 – Blou Bulle 31, Haaie XV 19 – Boland 12, Cheetahs 31 – Stormers XXIII 26.
