Wie is meisie wat so in die strate draf?
Treinwedloop bring die antwoord toe onnie vroue-afdeling wen.
Wie is die langbeen meisie wat die dorp se strate aan die brand draf?
Vroegoggend sien jy haar al draf in Dennesig of Kanonkop.
Die vraag is by die treinwedloop beantwoord toe Fransune du Toit die vroue afdeling gewen het.
Sy is ’n oud Laerskool Middelburg onderwyser wat haar brood en botter deesdae in Abu Dhabi verdien.
Sy kuier tans by haar ma, Fransie.

Voordat sy terugkeer na Abu Dhabi gaan sy ook aan die Cross the Line-wedloop op 22 Augustus by Steelcrest deelneem.
Wegspring is om 7:00.
Fransune het die afdeling vir vroue 20 tot 39 jaar gewen en die 24km in 1:48:53 afgelê.
Sy was 20ste van 555 deelnemers.
Daar is afstande van vyf, 10, 15 en 21.1 kilometer waaraan drawwers kan deelneem.
Sy het al derde geëindig in die SeaWorld Dolphin Run en die One Run in Abu Dhabi 10km wedloop in 43 minute voltooi, haar ouderdomsgroep gewen en tweede algeheel geëindig.
