News

Dit bibber en beef maar hou goeie moed

Na die lekker reën begin lente al volgende week

Drankwinkels kan nie voorbly met Old Brown Sjerrie verkope nie, supermarkte bak pannekoek dat dit klap, kaggels brand, warmwatersakke is uit kaste gehaal en Maandagaand het Middelburg inwoners gespog met hulle wit tuine.

’n Haelbui en donderstorm met bliksemstrale, pure somer, het die dorp getref.
Daar is 42mm in Dennesig gemeet.
Reg oor die land is dit koud met wind, sneeu en reën.

Hennie Niemann se Aerorand tuin was ook spierwit van die hael. FOTO: Verskaf.

Die bibber koue sou vandag sy naels behoorlik in oorwinterde lywe slaan, met die kwik wat dramaties daal. Maar daar is goeie nuus.
Temperature begin vanaf Donderdag stelselmatig styg, met heerlike warm weer Sondag.

Teen Dinsdag is dit lekker warm met ’n 26°.
Vandag (Dinsdag) gaan dit deur die dag 7° wees.
Woensdag 10° deur die dag en 3° vroegoggend. Dit gaan bewolk en koud wees.
Donderdag is dit 13° en ’n bibber 0° in die oggend. Die sonnetjie wil-wil deurbreek.

Die hael lê dik in Bullerstraat. FOTO: Verskaf.

Vrydag begin die temperatuur effens styg met 15° en steeds ’n koue 0° in die oggend. Dit gaan steeds koel wees met die son wat met tye sal deurbreek.
Saterdag se temperatuur is 18° en 7°. ’n Sonskyndag.

Sondag is dit 23° en 9°. Die warmer weer keer terug, pak maar die wolkomberse weg.
Maandag is dit 24° en 8°. Heerlike sonskyn.
Dinsdag 26° en 10°. Sonskyn!
Woensdag 23° en 8°. Dit word later die dag bewolk.
Miskien moet jy nog nie die warmgoedjies wegpak nie, die wispelturige weer kan dalk net weer toeslaan.

  • Mens kan ook net giggel oor die Slim Jan wat HTS Middelburg afgegee het weens die koue. ’n Netjiese Facebookplasing is uitgestuur wat sê daar is nie skool Dinsdag nie, weens die koue weer en hervat eers weer op 12 Augustus. Die skool het “Fake” oor die plasing aangebring en dit weer gesirkuleer.
@middelburgobserver

Drankwinkels kan nie voorbly met Old Brown Sjerrie verkope nie, supermarkte bak pannekoek dat dit klap, kaggels brand, warmwatersakke is uit kaste gehaal en Maandagaand het Middelburg inwoners gespog met hulle wit tuine. ’n Haelbui en donderstorm met bliksemstrale, pure somer, het die dorp getref. Daar is 42mm in Dennesig gemeet. #Mpumalanga #Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button