’n Reuse sportdag waar kaalvoet rugby- én netbalspelers mekaar die stryd aansê, word Saterdag op Middelburg aangebied.
Die Middelburg Junior klub, die Kwaggas, gaan kragte meet teen spanne van Nelspruit, Volksrust, Delmas, Standerton en eMalahleni.

Die besoekende spanne speel onder die vaandel van diername.
Arende is Hoëveld rugby, Witbank Jeug speel onder die pragtige ou Suidoos-Tramsvaal aronskelk (varkoor), Nelspruit se logo is ’n omgekrapte tier of poema, die Wildehonde is Volksrust, Mambas Delmas en Sables Standerton.

Die o.11, o.12 en o.13 spanne speel by Hoërskool Middelburg.
Die o.7 en o.10 rugbyspanne is in aksie by Middelburg Primary.
Toegang is R20 en R100 vir voertuie wat binne die skoolterrein parkeer.