News

Dorp se hoop op Middies se jong span

HTS Middelburg het eerste keer geen span in uitspeelwedstryde.

Hoërskool Middelburg se o.14 A-span het Saterdag op die velde van Garsfontein ’n reuse uitdaging, wanneer hy teen Helpmekaar in die halfeindstryd van die Noordvaal Virsekerbeker speel.
Afskop om 9:00.

Helpies het die vorige kragmeting in Johannesburg in die poelwedstryd met 25-8 gewen.
Dit is die enigste Middelburg span wat deurgedring het.

HTS Middelburg het seker vir die eerste keer in sy geskiedenis nie een span wat verder uitspeel nie.
Nelspruit het drie spanne in die plaatafdeling se halfeind.

Hoërskool Middelburg o.14A:

TK Kachalanga, Avuyile Bilatyi, Mason Manzi, Enzo Meyer, Christiaan Strydom, Maano Ramulongo, Alexander Nel, Hardu Olivier, Yanda Mahlangu, Orifuna Budeli, JD Mostert, Diuan van Zyl, Sandile Msipa, Christo van Niekerk, Ruve Joubert. Plaasvervangers: Hanru du Toit, Gerrard Breitenbach, Deon van der Merwe, David Miller, Letlotlo Masooa, Pieter Bronkhorst, Henlo Cilliers, Ethan Axford. Afrigters: Kirstie Odendaal en Wandile Shabangu.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button