News

Charles van Spar” sterf na operasie

Albei bene geamputeer in King Nyabela Hospitaal.

Min mense het geweet wat Charles se van was. Hy was net “Charles van Spar”.

Die gewilde en altyd hulpvaardige Spar werknemer, Mattheus Charles van der Westhuizen (59), is op 13 Augustus oorlede.

Volgens mnr. Jorge Nunes van Spar Kanonkop, het hy 28 jaar by die supermark gewerk.

Al het hy die laaste ses jaar erg met sy gesondheid gesukkel en is hy ook ses jaar gelede in die Life Midmed Hospitaal se intensiewe sorgeenheid behandel, het hy steeds bly werk.

Hy het altyd met ’n groot glimlag, met ’n kruk wat hom ondersteun, ’n ogie gehou dat alles vlot verloop by die kasregisters.

Wanneer kliënte navraag gedoen het oor ’n produk of vir advies gevra het, het hy uit sy pad gegaan om te help.

Hy het my selfs Sondae geskakel om in te lig wanneer my gunsteling Sondagkoerant opgedaag het.

Sy familie sê hy sou Donderdag uit die nuwe King Nyabela Hospitaal ontslaan word, maar is in die hospitaal oorlede, weens komplikasies na ’n operasie.

Albei sy bene is geamputeer.

Sy 59ste verjaardagpartytjie was op 6 Mei.

Hy het aan die Hoërskool Hercules in Pretoria matrikuleer en laat sy sussies Magda, Ronelle, Lucinda, familie en vriende agter.

Daar word op 18 Augustus 2026, om 11:00, uit die NG Kerk Dennesig, van hom afskeid geneem.

Die diens sal gelei word deur pastoor Pete van der Spuy.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button