Lefa Leshaba en Divan Geyser is aangewys as spelers van die wedstryd.
Die Nkangala streekspan het Saterdag ’n opwindende wegwedstryd teen Gert Sibande met 45-33 gewen. Die Middelburgse agterspeler, Divan Geyser, het vier drieë gedruk. Hy is saam met Lefa Leshaba aangewys as spelers van die wedstryd.
Die Nkangala streekspan het ’n opwindende wedstryd teen Gert Sibande met 45-33 gewen. FOTO: Verskaf.
Die Nkangala span het sewe drieë teenoor Gert Sibande se vyf gedruk. Hulle speel eerskomende Saterdag in eMalahleni teen Ethlanzeni.
Hier sit die manne! Nkangala se ondersteuningspan. FOTO: Verskaf.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.