High SchoolNewsSchool sportSchoolsSport

Middies maak amok met hokkie- en netbalprestasies

Hoërskool Middelburg se dogterspanne het onlangs uitstekend gevaar, met  ’n tweede plek in Noordvaal-plaatafdeling en nasionale top-5 posisie.

Middies se dogters het die afgelope tyd hul talente op die hokkieveld én die netbalbaan gewys.

Hokkie by heers Noordvaal

Hoërskool Middelburg se eerstespan hokkiedogters is tweede in die Noordvaal-plaatafdeling na ’n hoogs suksesvolle seisoen.

Die span het die afgelope naweek in Kempton Park teen verskeie sterk skole meegeding om die titel.

Hulle het die algehele tweedeplek in die plaatafdeling beklink nadat hulle 3-2 in die finaal teen Kempton Park vasgeval het.

Die uitslae lyk so:

  • Wen Curro Hazeldean 4-1
  • Gelyk met Kempton Park 1-1
  • Kwartfinaal: Gelyk met Eldoraigne 2-2 en beklink wedstryd met 6-5 valbyl doelskiete.
  • Semifinaal: Wen Lydenburg 2-1

Netbal nasionaal

Die skool se o.15-netbalspan het ook die afgelope naweek uitstekend gevaar by die Kay Motsepe Nasionale Netbalkampioenskappe tussen Cullinan en Tshwane.

Middies se o. 15-netbalspan. Agter: Dené Byleveld, Adi de la Guerre, Bali Zitha, Mandy Blunden, Karlien Janse van Vuuren, Ndzalo Sithole, Esmé Agenbag en Ree Zimo. Voor: Mienke van Niekerk, Ndumiso Mabuza en Alicia de Beer. Foto: Verskaf/MHS.

Ten spyte van strawwe kompetisie het die dogters daarin geslaag om ’n plek in die nasionale top 5 te behaal.

Die span het net twee uit hul elf wedstryde verloor, en die res gemaklik in hul guns beklink.

Hulle het 27-11 teen Affies verloor en 15-13 teen Meisieskool Oranje.

Die skool seëvier met:

  • 22-7 teen Thembalethu
  • 27-8 teen Sebaba
  • 35-3 teen Matlaisane
  • 22-12 teen Duineveld
  • 25-11 teen Namzamo
  • 25-14 teen Motjedi
  • 23-10 teen Fichardpark
  • 21-14 teen Ben Vorster
  • 23-32 teen Potchefstroom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button