News

Laat daar lig wees…en toe is daar ligte

Middelburg Hoërskool wys nuwe spreiligte in met kliniek, musiek en kuier

Hoërskool Middelburg het Woensdagaand nuwe spreiligte by sy krieketveld met groot fanfare ingewy.
’n Protea krieketspeler het ’n krieketkliniek aangebied, daar was ’n lewendige orkes, die oorhandiging van ’n unieke klok én kort toesprake. Al wat gekort het was rook wat blaas.

Dit is ’n droom wat al sedert 2020 gekoester is.
Die ligte is die enigste van sy soort in Suid-Afrika .
Jong krieketspelers het hulle vergaap aan Protea krieketspeler Rassie van der Dussen wat ’n krieketkliniek aangebied het.

@middelburgobserver

Protea krieketspeler Rassie van der Dussen en Hoërskool Middelburg se kriekethoof, Shaun Neethling, bied ’n kliniek aan met die inwyding van Hoërskool Middelburg se nuwe spreiligte#Mpumalanga #Middelburg #mhs

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Van der Dussen het ’n paar krieketwenke gegee en gewys waarom hy vir die Proteas speel.
Hy het ’n paar balle trotseer en daar is na die hemele gestaar, toe hy ’n reuse houe gespeel het, wat die bal vanaf die kolfblad tot by die skool se hokkieveld laat trek het.

Voordat die ligte aangeskakel is, het die hoof van Hoërskool Middelburg, mnr. JJ Hennop, gesê die fasiliteite word geskep tot voordeel van die leerlinge.
Hoërskool Middelburg beskik oor van die beste krieketfasiliteite in die land met onderdak oefenfasiliteite en ’n netjiese klubhuis.

Die spreiligte gaan ’n reuse inspuiting wees vir die skool se krieket, wat alreeds sy man staan teen die beste van die beste. Die geleentheid is ook bygewoon deur die oud skoolhoof, mnr. Johan Stronkhorst. Die musiek van Drommedaris het die aand afgeskop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button