Perd los op Middelburg gholfbaan
Die perd se eienaar is op pad na die gholfbaan om die dier te gaan oplaai.
‘n Perd is los in Middelburg en is tans by die Middelburg Buiteklub.
Stemposboodskappe op WhatsApp-groepe noem dat die perd eers in die Dennesig area gesien is.
Vandaar het hy na die munisipale magasyn se kant toe gehardloop.
‘n Nuwe stempos noem dat die perd sy opwagting by die buiteklub gemaak het.
Hy hardloop glo op die gholfbaan rond.
Die perd het steeds ‘n saal op.
Die polisie se berede-eenheid soek ook tans na die perd.
Die DBV is ook in kennis gestel.
Die perd is glo van die Keerom omgewing op die N11.
Die eienaar van die perd is reeds in kennis gestel.
Mense word gevra om die perd met rus te laat omdat hy baie paniekerig is.
Verskeie diere het reeds vanjaar die dorp op hol gehad.
So rukkie terug moes twee koedoes uit Kanonkop gered word.
Daarna is ‘n waterbok in die nywerheidsgebied met kersliggies om die nek gesien.
‘n Muskeljaatkat is ook plaaslik deur veiligheidkameras opgeneem waar hy soek na kos.
