News

KYK: ’n Simfoniekonsert wat nooit ophou nie

Gaan luister hoe die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei.

’n Nimmereindigende simfoniekonsert.
Dag in en dag uit.
Oor en oor kom die kakafoniese meesterstuk aangesweef.
’n Bas, sopraan, tenoor, alt en bariton, is almal deel van die koor.

Daar is geen koormeester nie.
Almal val in wanneer hulle lus het.
Soms styg die bas bokant die res van die gekwaak-kwaak uit.
Soms is dit Johnny Cash en ander kere Gé Korsten.

Die vet padda het Saterdagaand in Dennesig by °n huis ingespring. FOTO: Verskaf.

Die lente is hier en saam met dit beleef Middelburg elke dag ’n welluidende paddakoor.
Die twee dammetjies tussen Dennesig en Kanonkop woonbuurtes is ’n doolhof van hofmakery.
En inwoners wat daar naby bly, kry gratis uitvoerings.
Ander inwoners kry besoeke van die koorlede.

Nie maats nie

Daar was al selfs ’n berig wat in die Middelburg Observer gepubliseer is oor Sal Botha en sy paddavriend.
Die padda het in die aande uitgeglip en vroegoggend weer by sy huis ingespring.
Dit het dikwels vir ’n paar gille gesorg, want Sal en paddas is nie maats nie.

Vet koorlid

Saterdagaand het ’n inwoner in Bullerstraat, wat anoniem wil bly, gewonder wat se snaakse geluide maak sy hond, wat in ’n bedjie geslaap het.
Toe hy later kombuis toe stap, het ’n vet koorlid, waarskynlik die bas, in sy eetkamer gesit en kwaak!

As jy weggevoer wil word deur die natuur se bekoorlikste simfonie, gaan sit langs een van die dammetjies en luister hoe die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei…ahum, ahum, ahummm…

@middelburgobserver

Gaan luister hoe die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei by Middelburg se Dennesig-dammetjies. Dié prag simfonie is verblydend nadat growwe babergras die dammetjies oorgeneem het. #Mpumalanga #Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button