News

Middelburg se mense bring joernalistieke eer huis toe

Paulus se storie en Stiaan se stryd wen by Avbob-prysoorhandiging.

Op 30 Oktober 1994 het dr. Johan Heyns (66), oudmoderator van die NG Kerk, sy laaste preek in die geskiedkundige Witkerk op Middelburg gelewer.

Op 5 November 1994, is hy deur ’n sluipmoordenaar by sy huis in Waterkloofrif doodgeskiet, terwyl hy saam met sy vrou René en drie kleinkinders kaartgespeel het.
Die moordenaar is nooit aangekeer nie.

Tydens ’n terloopse gesprek met ds. Jaco van Rooyen van die Witkerk, het ek verneem van dr. Heyns se laaste preek.
Ds. Van Rooyen het die preek in sy besit gehad.

Die 1995 Sanlam-toekenning.

Ná berigte oor dr. Heyns se sluipmoord en die preek, het ek op 15 September 1995 die Sanlam kompetisie vir voortreflike joernalistiek se menslike nuus afdeling gewen.

Nou, 31 jaar later, kom die toekenning weer terug na Middelburg toe, na ’n eerste plek by die Avbob-kompetisie se prysuitdeling Vrydagaand by die Capital Hotel in Pretoria se Menlyn Maene.

Dit was ’n gala-geleentheid waar joernaliste vir hulle fotografie, digitale- en skryfvermoëns bekroon is.
Hierdie keer het die inskrywing oor dié dorp en sy mense gegaan.

Die vyf berigte wat ingeskryf is in die menslike nuus-afdeling by die Avbob-kompetisie vir voortreflike joernalistiek.

Oor die toename van Alzheimer’s se siekte en die impak op families; Paulus Ferreira wat na die berge gevlug het toe die nuwe Suid-Afrika opdaag; oor Damien Klopper, die dorp se jong parlementslid; die verskilmakers in die gemeenskap; en Stiaan Reynierse se stryd teen drank- en dwelmverslawing.
Daarom is hierdie toekenning nie oor my, die storieverteller nie. Dit is ’n toekenning vir Middelburg en sy wonderlike mense.

Dr. Heyns het in 1994 gesê “die Koninkryk van die hemele breek vir homself ’n pad oop en mense wat hulle kragte inspan, kry dit in besit.”
Dr. Heyns het daardie aand ’n boodskap vir die land gehad. “Die nuwe Suid-Afrika vra van onversoende mense om in versoening met mekaar saam te leef en saam te werk.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button