Die oud HTS Middelburg senter, Christiaan Vlok, kan tevrede voel met sy Curriebekerveldtog.
Hy is ingesluit in die Vodacom Bulle XV vir Vrydagaand se kragmeting teen die Hollywoodbets Haaie XV op Kings Park, om 19:15.
Die wedstryddag 23-tal bevat 13 spelers wat in aanmerking kom vir die onder-21-geledere, insluitend die begin-losskakel Ian van der Merwe en vleuel Ruan Enslin, wat albei hul senior provinsiale debuut maak.
Hul insluiting bring die totale aantal spelers wat hul Vodacom Bulle XV-debuut gedurende hierdie veldtog gemaak het, op ‘n buitengewone 29 te staan, met die gemiddelde ouderdom van die groep vir Durban op slegs 21.5 jaar.
Hoofafrigter Phiwe Nomlomo het ‘n moeilike taak gehad om ‘n jong span deur ‘n veeleisende kompetisie te bestuur.
Die Bulle het nog nie ’n wedstryd in die reeks gewen nie.
Bulle XV:
1. Sandi Msengana, 2. Siphosethu Mnebelele, 3. Arno Gustafson, 4. Johnathan Eloff, 5. Heinrich Theron, 6. Kebotile Maake, 7. Cephas van Biljon, 8. Chinedu Amadi, 9. Keagan Johannes, 10. Ian Van der Merwe, 211 Christ, V. 13. Marnus Rademeyer, 14. Ruan Enslin, 15. Aka Boqwana. Plaasvervangers: 16. Jaundrè Schoeman, 17. Damian Baker, 18. Duwan Potgieter, 19. Jacques Swarts, 20. Abongile Nonkontwana, 21. Dieter Schubert, 22. Brooklyn Newman, 23. Lavela Pongolo.