News

Klok die laaste keer gelui vir geliefde onderwyser

Laerskool Middelburg plaas roerende huldeblyk oor oud adjunkhoof

Die lewe van die geliefde onderwyser van HTS Witbank, Pikkie Herrmann, word op 27 Augustus, om 14:00, in die skoolsaal gevier. Die diens sal deur ds Louis Cloete waargeneem word en word afgesluit met ’n klokluiseremonie.

Mnr. Herrmann is Saterdag aan ’n hartaanval oorlede.
Hy het diep spore getrap by Laerskool Duvhapark, Laerskool Middelburg, HTS Middelburg en die laaste paar jaar by HTS Witbank.

Laerskool Middelburg was een van die talle skole wat ’n huldeblyk oor mnr. Herrmann geplaas het.
Die skool sê: “Ons hartseer is diep, ons verlies is groot.”

Die skool sê mnr. Herrmann was veel meer as ’n kollega. “Hy was ’n gewaardeerde deel van die Koedoekoppe-familie en het oor baie jare ’n onuitwisbare merk op ons skool en op die mense rondom hom gelaat”.

Mnr. Herrmann het as hoof waargeneem by Laerskool Middelburg en was ook een van die adjunkhoofde.
“Sommige mense stap net deur ’n mens se lewe. Ander laat voetspore agter wat nooit verdwyn nie. Pikkie het diep spore getrap in ons skool, in die harte van personeel en leerders, en in die groter Koedoekop-gemeenskap.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button