News

Valera op flank en Gerry op losskakel

Pumas begin aanslag in o. 21-reeks weg teen Valke.

Die Pumas se o. 21-span, wat Saterdag die Suid-Afrikaanse reeks begin, het verskeie veranderinge ondergaan nog voordat hulle op die veld gedraf het.

Die aanvanklike span moes drasties verander word omdat verskeie Naka Bulle o .21-spelers nie beskikbaar is nie.

Die Pumas speel om 13:00 teen die Valke op die Barnard-stadion in Kempton Park.

Hanro Terblanche, oud- HTS Middelburg-losvoorspeler, is nie meer in die opdrafspan nie, terwyl Valera Breytenbach, wat op haker gekies is, weer terugskuif na die kant van die skrum.

Breytenbach is die voormalige Blitsbok, Conrad Breytenbach, se seun.

Gerry Gendall volg in die voetspore van sy pa, wyle Gerry (senior), wat hoofsaaklik senter en losskakel gespeel het.

Die Pumas sal goed wil begin nadat hulle verlede jaar in die eindstryd vasgeval het.

Pumas: 

Azu Magqaza, Lian Jordaan, Josh van Schalkwyk, Uyanda Fikizolo, Katlego Makamu, Gerry Gendall, Andeon Pringle, Nkateko Phakula, Believe Mwabai, Valera Breytenbach, Michael Versfeld, Jayden Bekker, Siba Lamola, Jan de Wet, Eben van Wyk. Plaasvervangers: Jayden Packer, Amukelo Mtetwa, Sam Hadebe, Andre Smit, Stephan Nkosi, Jeand-Dre Claassen, Bayron Adams.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button