News

Ouma vies vir Puma wat nie kan lees nie

Puma het met sy stoute streke en nuwe liedjie groot en klein vermaak terwyl hy kinders by Laerskool CR Swart se veldfees van die belangrikheid van lees geleer het.

Ouma Jeanette Smit (78) was Saterdag só vies vir Puma, wat nie kan lees nie, dat sy hom met ’n paar wilde handgebare reggehelp het.

Puma, wat heeldag vis vang en nie lees nie, sukkel om sy ma se opdragte te verstaan.

Die grootmense het dalk die Middelburg Observer se leesprojek by Laerskool CR Swart se veldfees nog meer as die kinders geniet.

Een mamma het Puma vanuit die gehoor gewaarsku: “Jy gaan vandag slae kry!” Dit was nadat die stoute kind nie sy opdragte uitgevoer het soos sy ma gevra het nie.

@middelburgobserver

Die grootmense het dalk die Middelburg Observer se leesprojek by Laerskool CR Swart se veldfees nog meer as die kinders geniet. Die Puma leesprojek is ‘n projek wat die Observer begin het. Dit het deur die jare honderde kinders in Middelburg aangespoor om meer te lees. #Mpumalanga #Middelburg #lees #koerante

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Veral toe hy sy brood probeer politoer het in plaas van sy skoene, en toe boonop konfyt aan sy skoene smeer, was die gehoor se geduld met Puma op.

Soos altyd het Puma met sy visstok en geliefde hond, Wagter, opgedaag. Dié keer was dit ook die eerste keer dat hy op die maat van sy nuwe liedjie, “Dis lekker om Puma te wees”, opgedaag het.

Oud en jonk het die Middelburg Observer se leesprojek Saterdag by Pienaardam geniet.

Die kinders het spontaan saamgedans. Ma Franzette (Van Niekerk) het aan die einde van die toneelstuk vir die kinders vertel waarom lees so belangrik is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button