News

Vierpotige veterane onthou hul gevalle kamerade

Oud-polisiemanne en veterane-organisasies het Saterdag in Pretoria saam met K9’s hulde gebring aan diegene wat tydens die Bosoorlog gesterf het.

Die SAPD Tin-eenheid Veterane Bond se kranslegging en gedenkdiens is Saterdag by die Teeninsurgensie (Tin)-veterane-gedenkmuur in die noorde van Pretoria gehou.

Die Maleoskop-wapen is afkomstig van die Maleoskop-opleidingsterrein naby Groblersdal. FOTO’S: Verskaf/Rudi van Wyk

Twee honde, of K9’s, Inga en Wolfi, het ook kranse gelê ter herdenking aan die diere wat tydens die Bosoorlog gesterf het.

’n Ongeïdentifiseerde oupa en kleinseun by die kranslegging.

Die geleentheid is ook deur verteenwoordigers van ander veterane-organisasies en voormalige polisiebeamptes van Middelburg bygewoon.

Inga en Wolfi het kranse gelê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button