Maande later en dam is steeds vol
Met reënseisoen wat voorlê kan Loskopdam nog vir maande vir ’n waterskouspel sorg.
Merkwaardig! Loskopdam loop steeds oor.
Dié dam se watervlak gewoonlik gedurende die wintermaande aansienlik, met water wat selfs kan opdroog waar dit oor die damwal stroom.
Maandag, 21 September, was Bennie Joubert verstom toe hy op pad terug van Polokwane na Middelburg was en ontdek dat die dam steeds oorloop.

Daar kon nêrens inligting opgespoor word oor die langste tydperk wat Loskopdam nog aanmekaar oorgeloop het nie.
Janine Saayman het verlede jaar in November ’n pragtige foto gepubliseer van massas water wat oor die damwal stroom. Die dam het op 9 November begin oorloop en teen 19 November het die watervlak op 103% gestaan.
Nou, byna 10 maande later, is die dam steeds vol.
