News

Middelburg seun en 60/60 afleweraar vorm vriendskap deur ‘koek en kindness’

'n Ware vriend bied skuilte teen storms.

Soms is vriendskap die beste skuiling in ’n storm.

‘Koek en Kindness’ is net die reënboog op ’n stormdag wat Zanje Faure, haar seun Livan en Fiston Mulumba van Checkers nooit sal vergeet nie.

Sosiale media vertel hoe Faure se seun ’n afleweraar, met koek en Oros, uit vanmiddag se storm gered het.

In ’n Facebook-plasing vertel Zanje die storie so: “Sy moes vanmiddag ’n pakkie by die hek gaan haal toe Fiston met sy 60/60-bromponie daar aangegly kom.

Die hemele bo hom en Zanje het behoorlik oopgemaak en Zanje het Fiston dadelik uit die reën geroep toe haar seun Livan skielik met R100 by die huis uitgehardloop kom.

In Livan se hand was Victor se fooitjie.

Victor, die afleweraar, het die noot by Livan gevat en die klonk se hand uit dankbaarheid op en af geskud.

Zanje is terug by die huis in met Livan agterna om vir Fiston ’n glas Oros te skink.

’n Bord met koek is ook vir Fiston gebring.

Sien, Livan het verjaar en die geld en koek was die oorblyfsels van ’n heuglike bederf.

Maar Livan was nie klaar nie, en omdat Fiston die wind en weerlig aangedurf het, het Livan vir Fiston ’n ekstra R50 van sy verjaarsdaggeld in die hand gestop.

Die onweer was die perfekte verskoning vir die nuutgevonde vriende om Livan se verjaardag ’n tweede maal te vier.

In Livan was daar ook ’n begeerte om Victor van Jesus te vertel, wat ’n gesprek was wat sy ongelukkig nie deur die ‘joy!’ kon hoor nie.

“Daar was joy!” is al wat sy weet.

Die twee het soos ou vrinne die lewe sit en bepeins terwyl Zanje se moederhart vergenoegd gebons het.

“Dit is die Suid-Afrika waaroor ek droom,” sê Zanje.

“Teach them kindness always” is Zanje se raad oor hoe om haar droom te verwesenlik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button