Observer Daller

Supermaan in Groblersdal gesien!

Die Groblersdallers kon gisteraand die supermaan sien.

Die supermaan was gisteraand (5 November) sigbaar vir die hele Suid-Afrika, maar het ’n aantal Groblersdallers hul pragfoto’s van die verskynsel op sosiale media gedeel.

Dit was die naaste en helderste volmaan van die hele jaar en het sy piekverligting om 15:19 bereik, alhoewel dit nie gesien kon word weens die daglig.

’n Supermaan is ’n volmaan of ’n nuwemaan wat amper saamval met perigeum, dit is die naaste wat die maa naan die aarde se wentelbaan kom, wata dan lei tot ’n groter as gewone verskyning van die maan wat vanaf die aarde gesien kan word.

Gisteraand se supermaan was die naaste en helderste volmaan van die hele jaar, met die maan se wentelbaan wat dit die naaste aan die aarde gebring het, ongeveer 30 000km nader as gewoonlik, wat gelei het tot ’n maan wat tot 15% helderder as gemiddeld geskyn het.

Hierdie supermaan was die tweede in ’n reeks van drie opeenvolgende supermane wat aan die einde van 2025 plaasgevind het. Die eerste een was reeds in Oktober, met gisteraand se supermaan wat gevolg het. Die laaste een in die reeks sal op 4 Desember plaasvind.

Lees ook: Groblersdal and Marble Hall: Severe thunderstorms expected

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button