Groblersdallers verwelkom koeler weer
Nóg reën word vir Groblersdal verwag en inwoners is baie dankbaar vir dié lafenis.
Die bewolkte- en reënerige weer in die Loskop Vallei gister en vandag word deur almal verwelkom, nadat die kwik verlede week die hoogte ingeskiet het.
Vandag se maksimum temperatuur is ’n koeler 18°C en sal vanaand verder val na 13°C.
Daar word ook later vanmiddag reënbuie in dele verwag, met ’n 75% kans vir reën vir die res van die dag.
Teen môre (Dinsdag, 18 November) sal die kwik egter weer klim ná ’n maksimum temperatuur van 26°C en minimum van 14°C. Daar is ook ’n 25% kans vir reënbuie teen laatmiddag, maar daar word vir die hele dag warmer weer en minder wolke voorspel.
Woensdag is daar weer ’n 55% kans vir laatmiddag donderbuie en meer bewolkte weer word verwag. Die maksimum temperatuur sal 28°C bereik en later die aand afkoel na 15°C.
Donderdag word daar nóg reën voorspel met ’n 75% kans vir swaar donderbuie laat die middag en aand. Die maksimum temperatuur sal 27°C bereik.
Teen Vrydag word donderstorms laat die middag verwag met ’n 55% kans vir reën en ’n maksimum temperatuur van 28°C.
Saterdag en Sondag klim die kwik na 31°C en 30°C. Vir beide dae word donderstorms verwag. Daar is 40% kans vir reën Saterdag met verspreide donderstorms wat die oggend verwag word. ’n 56% kans vir reën word voorspel vir Sondag met ’n oggend-reënbui en hoë humiditeit, waarna donderstorms deur die aand verwag word.
Die reënbuie sal Maandag voortduur met ’n 60% kans vir reën en donderstorms wat laat die middag en aand verwag word. Die temperatuur klim na ’n maksimum van 28°C.
