Observer Daller

Graad 8-VKR by Ben Viljoen aangewys

Estelle Myburg en Tetelo Dikotope is as graad 8-VKR-lede by Ben Viljoen se koshuise verkies.

Hoërskool Ben Viljoen se graad 8 Verteenwoordigende Koshuisraad (VKR) is aangewys.

Die kies van die VKR-lede bied graad 8-leerders die kans om met die intrapslag leierskapservaring op te doen.

By Huis Cherié Dogterskoshuis is Estelle Myburg tot die VKR verkies. Haar aanwysing weerspieël volgens die skool haar entoesiasme, verantwoordelikheid en die vertroue wat mede-leerders en opvoeders in haar stel.

Smiling student wearing a green blazer with badges, white shirt, and standing outdoors against a brick wall and greenery, exuding confidence.
Estelle Myburg.

Tetelo Dikotope is as lid van die VKR van Boomhuis Seunskoshuis aangewys. Sy verkiesing getuig van sy leierskapsvermoë en sy bereidwilligheid om ’n verskil in die koshuisomgewing te maak.

Die skool het beide leerders gelukgewens met hul prestasie en hulle sterkte toegewens vir die nuwe verantwoordelikhede wat voorlê.

Daar word uitgesien na die waardevolle bydraes wat Estelle en Tetelo gedurende hul termyn tot die koshuise en hul mede-leerders sal lewer.

Lees ook: Loskopvallei-geskiedenis: Voortrekkers tot prospekteerders

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button