Dallers skitter op gholfbaan in Marble Hall
Hoërskool Ben Viljoen se gholfspelers het met sterk span- en individuele vertonings by die jongste ligabyeenkoms in Marble Hall beïndruk.
Hoërskool Ben Viljoen se gholfspelers het weer hulle stempel afgedruk in die derde ligabyeenkoms wat onlangs by die Marble Hall-gholfklub plaasgevind het.

Die skool se spanne het deurgaans sterk vertoon terwyl verskeie spelers met uitstekende individuele rondtes beïndruk het. Onder die hoogtepunte van die dag was die vertonings van Henco Smith, die Botha-broers en Bernard van Blerk, wat almal hul talent op die baan ten toon gestel het.

Ben Viljoen het ook sy waardering uitgespreek teenoor die Marble Hall-gholfklub vir die gehalte van die baan en die professionele aanbieding van die byeenkoms.
• Die volledige uitslae is in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.

