SchoolsUpdate

Opvolg: Kinders steeds nie gevind

‘Kom asseblief huistoe my kind.” Die WhatsApp profielwoorde van ’n bekommerde ma omdat haar kind vir die tweede nag nie by die huis gaan slaap nie.

Clarissa Opperman (16) en Adri Groenewald (15), wat Maandag verdwyn het, nadat hulle vir hul ouers gesê het hulle gaan skool toe, is steeds nie gevind nie.

Die kinders het hul skoolboeke in hul kaste uitgegooi en klerasie in hul skooltasse gestop.

Dit is duidelik dat hulle saam weggeloop het.

Vele mense het al laat weet dat hulle twee meisies gesien loop het, maar alles het tot op hede op niks uitgeloop nie.

Enige persoon met inligting oor waar die dogters hulle kan bevind, kan me. Opperman bel by 079 484 8984 of stuur vir haar ’n WhatsApp na 072 406 6594 of me. Groenewald by 013 245 1471 of 073 257 2647.

Adri Groenewald (15) het saam met Clarissa weggeloop.
Adri Groenewald (15) het saam met Clarissa weggeloop.

• ’n Privaat ondersoeker het die Observer gekontak om hulp aan te bied om die kinders te probeer opspoor.

Hy het laat blyk dat hy beslis die ouers sal kontak om te kyk of hulle die kinders so spoedig moontlik kan vind.

Lees die vorige berig oor die verdwyning van die twee dogters van Hoërskool Kanonkop hier. 

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Meisies steeds weg

Hoërskool Kanonkop

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button