Schools

Nog onderskeidings vir HTS

Die 2015-matriekgroep van HTS Middelburg glimlag van oor-tot-oor nadat die hersienuitslae 'n addisionele aantal van nege A-simbole tot hul reeds puik prestasie gevoeg het! Die Rooies spog nou met 'n skitterende 273 A-simbole!

Die volgende matrikulante se individuele aantal A’s het ‘n hupstoot gekry:

•Sewe onderskeidings:

Michelle Kolver – Engels (82%), Wiskunde (83%), LO (89%), Rekeningkunde. (86%), Geografie (84%), LW (89%) en Afrikaans (80%).

Ses onderskeidings:

Johandré Olckers – Afr. (82%), LO (89%), IGO (83%), Meganiese Tegnologie (84%), FW (82%) en Eng. (81%).

Vyf onderskeidings:

Ruvé Benadie – Afr. (84%), LO (96%), RTT (86%), Geografie (85%) en Eng. (82%).

Estuné Gous – LO (89%), Rek. (93%), Geografie (82%), FW (80%) en Eng. (81%).

Christophe van der Merwe – LO (90%), Rek (95%), Besigheidstudie (89%), FW (81%) en Wisk (80%).

Grethe Maritz ontvang ‘n ere-toekenning as die nasionale 2015-toppresteerder in Afrikaans! Grethe was deel van ‘n uitsoekgeselskap wat deur die ATKV Centurion uitgenooi is na ‘n spesiale geleentheid vir Gr.12-toppresteerders in hul moedertaal. Die eretoekenningsaand is op Internasionale Moedertaaldag (20 Februarie) in die ou Raadsaal op Kerkplein in Pretoria gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button