Sport

Tukkies en Maties vanaand in Varsitybeker slaags

Duisende rugby ondersteuners ruk op na Pretoria

Dit is vanaand Tukkies teen Maties in die Varsitybeker en rugbykoors het die stad beetgepak.
Hartseer is dat die wedstryd nie gebeeeldsend word nie.
Dit het beteken dat rugby ondersteuners in hulle duisende op pad is na Pretoria.

Daar word geglo dat Tukkies die skietgoed het om Maties se neus in die grond te vryf en wat is nou lekkerder as om ’n Kapenaar te klop?
Na oorwinnings oor Ikeys en Shimlas is daar groot verwagtinge van die Tukkie span.

Twee Middelburgers, Ben Jansen van Vuuren wat op nommer sewe vanaand begin en Christiaan Vlok wat senter speel, is deel van die Tukkie groep.
Die wedstryd skop om 19:00af met kaartjies wat uitverkoop is.

Vanaand speel UJ om 16:45 tuis teen die NWU Arende (Pukke). Die wedstryd word gebeeldsend.
Die twee Bloemfonteinse spanne, Sentraal Universiteit of CUT en Shimlas, speel ook om 19:00 teen mekaar. Dit is ’n televisie wedstryd.
Emeris is om 19:00 tuis in aksie teen Ikeys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button