Sport

Middelburg Marathonklub blits deur wedlope – atleet voltooi eerste 42.2km

Middelburg Marathonklub is baie trots op Dewald Koen wat Saterdag sy eerste 42.2km wedloop voltooi het!

Middelburg Marathonklub het Saterdag weer die dorp se naam hoog gehou met 20 atlete, waaronder Dewald Koen, wat die 42.2km by die TracN4 Elandsvallei Marathon voltooi het.

’n Verdere 13 atlete het die 21.1km wedloop kafgedraf.

’n Paar atlete van Middelburg Marathonklub wat Saterdag die TRACN4 Elandsvallei wedloop voltooi het. Foto: Verskaf.

Koen het sy eerste 42.2km gehardloop en het sy droom verwesenlik om dit onder vier ure te doen. Sy tyd was 3:56.14.

Dewald Koen pas nadat hy die 42.2km in onder vier ure kafgedraf het. Foto: Verskaf.

Die klub het die afgelope paar weke aan verskeie wedlope deelgeneem om fiks genoeg te wees vir die Elands as een van die kwalifiserende wedlope vir die Comrades Marathon.

’n ‘Selfie’ net voor die groep MMK-atlete weer ’n wedloop aandurf. Foto: Verskaf.

• Tydens die Sasol wedloop in Secunda het al die klublede ’n pienk strikkie gedra ter ondersteuning van een van die klublede wat tans teen kanker veg. Fransie du Toit die was die wenner van die 60+ vroue en eindig Luandrée Joubert derde by die junior vroue.

Die klub met hul pienk strikkies wat hulle gedra het ter ondersteuning van ’n klublid wat teen kanker veg. Foto: Verskaf.

• Daarna volg die Panorama Nagwedloop in eMalahleni waar Fransie weer die 60+ afdeling wen. Dit was die sewende wedloop in ’n ry wat sy haar ouderdomsgroep gewen het. Sannie Uys het tydens dié wedloop die 50+ afdeling gewen.

Sannie Uys en Fransie du Toit met hul wenpryse. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button