Sport

Korb lyk heel op sy gemak by Joburg Ope

Net vyf houe agter vroeë voorloper op Houghton gholfbaan

Fokus Korbie, fokus!
Die oud Rooie, Ruan Korb, het ’n skitterende eerste rondte by die Joburg Ope gespeel en hy is net vyf houe agter die voorloper, Luke Brown op -7.
Korb sal hoop vir ’n goeie dag by die Houghton Gholfklub, nadat hy ’n 68 op sy telkaart ingevul het, twee houe onder baansyfer.

Vier spelers is op -6 waaronder die belowende Jayden Schaper, Engeland se Nathan Kimsey, Maximilian Steinlechner van Oostenryk, Spanje se Angel Ayora.
Die Suid-Afrikaner, Brown, het laat gistermiddag die voortou met een hou geneem.

Oliver Bekker probeer nog om sy voete te vind na sy sege in die Durban Ope en het ’n 70 gespeel, gelyk aan baansyfer.
Hy is so talentvol dat ’n goeie rondte net om die draai is, wat dalk vandag kan wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button