Tukkies behoort vanaand steeds onoorwonne te wees in die Varsitybeker wanneer hy die Sentraal Universiteit vir Tegnologie op sy tuisveld pak. Daar word gepraat van Fort Loftus maar die Tuks ondersteuners het die LC de Villiers Stadion hierdie jaar in ’n ondeurdringbare vesting omskep.
Die Bloemfonteinse besoekers het net te min skietgoed om die marsjerende Tuks studente te stuit.
Oud Middie Ben Janse van Vuuren en oud Rooie, Christiaan Vlok, het tot dusver ’n belangrike rol gespeel in Tuks se sukses.
’n Kragmeting wat vir vuurwerke kan sorg is tussen Shimlas en Pukke in die Rosestad.
Die Noordwes Universiteit het verlede week verrassend teen die Universiteit Johannesburg vasgeval.
Die Johannesbugers reis na Kaapstad om Ikeys te pak.
Bepalings
16:45 Ikeys vs UJ. Televisie wedstryd.
19:00 Maties vs Emeris. Televisie wedstryd.
19:00 Tukkies vs FNB CUT.
19:00 Shimlas vs Pukke.
