Wingchicks voltooi eerste skof van Cape Epic
Wout Alleman en Martin Stosek gee die pas aan in Kaapse berge
Een klaar, nog ses om te gaan.
Middelburg se vroue bergfietsryers bekend as die Wingchicks, Sanet Griesel en Thiesa Janse van Rensburg, het die eerste skof van die uitdagende Cape Epic in 7:21:15.5 voltooi.
Dit word nie makliker nie met die tweede skof 102km met ’n 2250m klim.
Die skof begin en eindig by Montagu.
Elite mans afdeling
Die eerste twee plekke in die elite mans afdeling word deur buitelanders ingeneem met Wout Alleman en Martin Stosek in die eerste plek met ’n tyd van 3:38:43.9.
Willie Vittoria en Luca Braidot is tweede in 3:38:44.3 met Matthew Beers en Tristan Nortje wat die skof in 3:38:46.2 voltooi het.
Lees ook:
Wingchicks pak die uitmergelende Cape Epic
