Die Pumas het gister teen die verwagting in gesweet om die Valke onder te kry, in die SA Beker wedstryd in Mbombela.
Die span van Jimmy Stonehouse het uiteindelik met 42-36 gewen.
Griekwas maak amok
Die kompetisie is wawyd oop, met net Griekwas wat besig is om amok te maak, met een na die ander reuse oorwinning.
Boland het die naweek verrassend vasgeval, teen Heyneke Meyer se SWD Arende, wat al beter speel, soos die seisoen vorder. Drie geel kaarte het die Wynboere gesink, wat uiteindelik met 33-24 verloor het.
Ander uitslae is:
- Cheetahs wen 52-19 teen die Oostelike Provinsie.
- Griekwas wen 71-7 teen die Griffons.
- Die Luiperds, wat met ’n amateur span speel, wen 31 – 14 teen die Grens Bulldogs.
Volgende naweek se wedstryde
Geen wedstryde in die SA Beker vind die naweek plaas nie.
Op 11 April speel die Valke in Kempton Park teen die SWD Arende.
Die Luiperds pak die Oostelike Provinsie in Potchefstroom.
Die Griffons is tuis teen die Cheetahs in aksie.
Die Boland Kavaliers en Griekwas is in ’n belangrike kragmeting in Wellington slaags.
Die Pumas reis na Mdantsane om die Grens Bulldogs om 15:30 te pak.
