Rooi Bulle en Middies kry kans om vir nederlae te vergoed
Noord/Suid rugbyweek kan laataand vir vuurwerke sorg
Die twee Middelburgse spanne wat aan die Noord/Suid rugbyweek deelneem, kry more (31 Maart 2026) kans om te vergoed vir hulle nederlae op die eerste dag. HTS Middelburg afrigter, Jano Venter, het voor die toernooi gesê sy span sal wil wys hy moet in die week speel.
Ongelukkig het hy op die eerste dag teen Kroonstad se Trio met 27-25 vasgeval, nadat die span se dissipline hom in die steek gelaat het.
’n Beter vertoning verwag
Die Rooi Bulle speel in die eerste wedstryd van die dag more by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria op die A-veld om 8:30 teen Nico Malan van Humansdorp.
Die nuwe rugbyhoof by Hoërskool Middelburg, Christiaan Gouws, sal ook ’n beter vertoning verwag van sy span, wat op die eerste dag met 38-41 teen Bethlehem se Witteberg verloor het.
Middies speel om 10:00 teen Wesvalia van Klerksdorp.
Hoofwedstryd
In die hoofwedstryd om 19:00 speel Affies teen Durbanville.
Die wedstryd tussen Grey Kollege en Stellenberg om 17:30 behoort vir vuurwerke te sorg, nadat die Kapenaars op die eerste dag teen Garsfontein verloor het.
