Vir meer as 40 jaar het ’n kolhou (hole in one) Johann Hattingh ontwyk. Hy het oor die jare al so naby gekom as wat dêmmit aan ’n vloekwoord is, maar nooit die balletjie gesink nie.
“Ek het al so halwe balbreedte van die gaatjie af gekom, maar nog nooit a hole in one behaal nie,” sê hy.
En toe gebeur dit waaroor gholfspelers droom.

Hy het op 24 September by die Middelburg Buiteklub se sesde putjie die mylpaal behaal.
“Mens begin sommer bewe wanneer jy besef wat gebeur het.”
Soos dit tradisie is, moes hy by die 19de putjie ná die tyd vir almal ’n rondte koop.
Johann speel al van 1985 af gholf.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
