Sport

’n Prestasie om te Pruis

Twee driekampers wys hulle staal in Jozi-byeenkoms

Daar moet iets in Middelburg se drinkwater wees.

Naweek ná naweek, week ná week, presteer die dorp se sportmanne en -vroue op die groot verhoog.
Twee van die veteraan-driekampers het oor die naweek hulle kategorieë gewen by die Jozi-driekampbyeenkoms wat by CR Swartdam naby Benoni aangebied is.

Mandy Blunden neem al van haar jong dae af aan driekamp deel en dié onderwyser van Hoërskool Middelburg het nog nie spoed verminder nie.

Mandy Blunden het haar kategorie gewen by die Jozi-driekamp. FOTO: Verskaf

Sy het aan die sprint solo deelgeneem wat bestaan het uit 750 m swem, 20 km fietsry en vyf kilometer draf in die kategorie 55-59 jaar.
Sy wen haar kategorie in ’n tyd van 2:06:51.

Kobie Pruis het aan die standaardafdeling deelgeneem in die ouderdomsgroep 55-59 en was eerste in 2:27:18.

Die standaardafdeling het bestaan uit 1,5 km swem, 40 km fietsry en 10 km draf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button