EntertainmentLifestyle
Uitdaag by Rietkuil Raceway
Rietkuil Raceway hou Saterdag 'n reuse "Open Wheeler" uitdaag.
Die V8 Sprints en Super Midgets gaan die grootste trekpleisters wees vir hierdie middag/aand wedren. Kwalifiserende rondtes begin reeds om 15:00 sodat die wedren om 16:00 kan afskop.
Deelnemers gaan probeer om vorige rekords te verbeter en dit beteken blitsvinnige tye om die baan, aangesien Rietkuil Raceway gereken word as die vinnigste teer ovaalbaan in Suid-Afrika.
Daar sal in nog sewe ander klasse deelgeneem word.
Hierdie wedrenne is ‘n lekker aptytwekker vir die streekskampioenskap wat op 7 Junie om 16:00 by Rietkuil Raceway aangebied word.
Daar word meer as 100 deelnemers verwag.
Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word.
Vir enige navrae bel Kobus by Auto Carb by 073 1733 988.
• Rietkuil Raceway is reg langs Arnot kragstasie geleë.
