Bakkie in spruit na kuier

Vier vriende, drie mans en 'n vrou, was Vrydagaand 24 Oktober gelukkig om beserings vry te spring, nadat hulle bakkie op sy sy in die Merriespruit beland het.

Inwoners het die koerant, kort nadat die vierstuks in die spruit beland het, ingelig dat talle motoriste al dié spruitjie raakgery het in die cul de sac.

Die bestuurder van die bakkie, wat hom bloot voorgestel het as Alex, sê hy was onder die indruk dat hy die Bhimy Damanestraat afrit na Mhluzi gevat het, maar hom eintlik in die Joubertstraat doodloop bevind het.

Na hy die afrit geneem het, het hy spoed gegee en eers toe hy die randsteen in die doodloop tref, besef dié paadjie eindig in die spruit waar die bakkie op sy sy beland het.

‘n Insleeptrok is later daar weg nadat Alex een van sy Mhluzi vriende gebel het om die bakkie te kom uitsleep.

Die takie was egter moeiliker en insleepvoertuie is Saterdag weer uitgeroep om die bakkie uit die spruit te lig.

Alex en sy vriende was Vrydagaand min gepla oor die botsing, en het gelag en gegrap oor die voorval en selfs bo op die wrak gaan poseer vir die Observer kamera.

Die vierstuks het erken hulle het “gekuier”, maar het omstreeks 21:00 weer huiswaarts gekeer, toe die spruit voor hulle inspring.

Daar is geen chevron-borde of enige ander waarskuwingstekens in die cul de sac opgerig nie.

Die area is ook stikdonker wat bydra tot motoriste se verwarring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button