Nuusflits: Oudste Blou Bul sterf op 101

Lourens (LM) Smit wat destyds as stut vir die Noord-Transvaalse rugbyspan uitgedraf het, is Maandagoggend (Vandag 08 Desember) op die ouderdom van 101 in Kanonkop oorlede.

Hy sou binnekort sy 102de verjaardag gevier het.

Mnr. Smit het in 1938 saam met die legendariese Danie Craven, skrumskakel, vir die heel eerste Noord-Transvaalse rugbyspan uitgedraf. Hy het ook hierna in nege wedstyde oor ‘n tydperk van twee jaar vir dié span gespeel.

Smit is vyf jaar gelede na ‘n Blou Bul rugbywedstryd op Loftus Versveld uitgenooi om as die oudste lewende Bloubulrugbyspeler op die veld uit te stap.

Smit het sy hele lewe lank die Blou Bulle ondersteun.

Hy het volgens sy seun At (62) tot die dag wat hy ‘n beroerte gehad het, sowat drie jaar gelede, nie een Blou Bul wedstryd misgeloop nie. “Hy het op die televisie gesit en kyk.”

Hy het ook vir die Harlequins rugbyspan gespeel.

Twee van Lourens se seuns, At en Fanus (58) Smit is besig met die begrafnisreëlings. Skakel At by 082 976 5828 of Fanus 072 555 1321 vir meer inligting oor die diens.

Lourens se vrou Lizzy is reeds in 1985 oorlede. Hy laat ook sy twee seuns Gert (50) en Louwtjie (55) agter.

• Mnr. Smit het ook wedstryde vir Transvaal gespeel.

• Mnr. Smit en sy familie is sedert 1971 in Middelburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button