Man sluk gif, sny homself

'n Man van Kanonkop het gesorg vir drama toe hy op verskeie maniere probeer het om homself skade aan te doen.

Die man, wie se identiteit om menslikheidsredes weerhou word, het glo reeds verlede Woensdag probeer om pille te drink en homself te sny.

Die groot bom het Sondag gebars. Die man het glo eers miergif gedrink en homself toe met ‘n panga en skroewedraaier in ‘n badkamer toegesluit.

Lede van die Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep is na die toneel uitgeroep, maar hulle was te bang om in die badkamer in te gaan, omdat hy ‘n wapen by hom gehad het.

Die polisie en ER24 is ontbied. Voordat beide op die toneel opgedaag het, het die man glo self uit die badkamer gekom. Hy het homself skynbaar telkemale met die panga gesny en met die skroewedraaier gesteek.

Terwyl hulle op die grasperk voor die huis gestaan en wag het vir die ambulans, het die man inmekaar gesak. Paramedici het hom op die toneel behandel en daarna na die hospitaal geneem.

Die man het die selfmoordpoging oorleef.

Sy welstand was nie teen druktyd bekend nie.

Na wat verneem word sal die hele familie wat tydens die voorval tuis was, vir berading moet gaan na die traumatiese gebeure.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button