
Die Pumas se Cravenweek span speel more op die laaste dag van die week in Gqeberha teen Boland. Nadat hy op die eerste dag ongelukkig was om teen Griekwas vas te val, na ’n reeks geel kaarte, het die span homself reggeruk en die Grens gister met 54-14 afgersansel.
Nelspruit agsteman Vian Louw het twee drieë gedruk.
In die hoofwedstryd speel die Westelike Provinsie more teen sy naasbestes, die WP vyftiental.
Die kragmeting tussen die Haaie en Leeus en die tussen die Vrystaat en Blou Bulle behoort vir vonkel rugby te sorg.
A-veld:
8:30 Oostelike Provinsie vs Suidwestelike Distrikte.
10:00 Vrystaat vs Blou Bulle.
11:30 Haaie vs Leeus.
13:00 Westelike Provinsie vs Westelike Provinsie XV.
B-Veld:
8:30 Griekwas vs Griffons.
10:00 Boland vs Pumas.
- Nog rugbynuus is dat die Pumas more, 11 Julie, teen die Naka Bulle in die Mbombela Stadion speel ter voorbereiding van die Curriebeker seisoen.
Puma afrigter Jimmy Stonehouse het intussen gesê dat hy sy Curriebeker groep eers volgende week sal bekend maak.
