CrimeHard newsNews

Plaaslike sakeman dood inbreker

Mnr Wikus Kotzé het gistermiddag laat 'n aanval probeer afweer en in die proses 'n inbreker gedood toe laasgenoemde vanuit Kotzé se plaasskuur op hom toegeslaan het.

HAZYVIEW – ‘n Inbreker is gister doodgeskiet toe hy ‘n bekende besigheidsman van Hazyview met ‘n skroewedraaier aangeval het.

Die feite wat gistermiddag se selfverdedigingsaksie voorafgegaan het, is kortliks aan Laevelder deur sy regsverteenwoordiger, mnr Koen Koekemoer, weergegee.

Terwyl mnr. Wikus Kotzé, eienaar van Supaquick Hazyview, gistermiddag in sy winkel werksaam was, het sy werknemers hom skielik kom roep.

“Wikus se werknemers was bekommerd toe hulle opgemerk het dat die skuur se deur oopstaan.  Daar is ‘n vreemde persoon op die plaas opgemerk en hulle het Wikus gevra om ondersoek te gaan instel.  Toe hy die skuur se deur verder oopstoot, is hy aangeval.”

Koekemoer het verduidelik dat Kotzé met ‘n skroewedraaier aangeval is en ‘n gestoei het gevolg.  “Tydens hierdie onderonsie het ‘n skoot uit Kotzé se pistool afgegaan. Die aanvaller is gewond en is op die toneel dood.”

Die Hazyview SAPD ondersoek tans die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Mpumalanga News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button